Tuis » Bosveld Kampe » Bateleur Bosveldkamp

Bateleur Bosveldkamp

Soos sy naam aandui is Bateleur vernoem na die kleurvolle, akrobatiese bateleurarend. Hierdie is die kleinste en oudste bosveldkamp en lê plus minus 40km suidwes van Shingwedzi. Die Silvervis- en Rooibosranddamme is naby die kamp geleë maar slegs besoekers wat oornag in Bateleur, het toegang tot die twee damme. Daar is ook ‘n bedekte uitkykpunt net buite die kamp met 'n pragtige uitsig oor ‘n watergat. Akkommodasie bestaan uit 4 en 6 bed eenhede. Vroegoggendstappe saam met ‘n veldwagter word aangebied wat ongeveer 3 ure duur. Daar is ook vroegoggend, laatmiddag en nagritte op voertuie wat slegs 10 persone akkommodeer. Onthou om jou plek vroegtydig te bespreek.

Ander Lekker Dinge

  • Vroegoggend- en laatmiddagritte op oop voertuie (3 ure)
  • Begeleide Staproetes
  • Konferensiefasiliteite
Safari Baboon Hiking Baboon Conference Baboon

Kyk Uit Vir

Bateleurarend
Bateleurarend

Akkommodasie Keuses

Kothuise
Kothuise
Addisionele volwassene:
R340
Addisionele kind:
R170
Maksimum persone:
6 persone
 
R1745
4 persone ingesluit
Doen navraag nou »
Kothuis. Maksimum 4 of 6 persone. 1 Slaapkamer met ‘n dubbel bed. 2 Slaapkamers met 2 enkel beddens elk. Lugverkoeling. Toegeruste kombuis met mikrogolfoond. 1 Stort en toilet. 1 Stort, bad en toilet (Geriewe mag verskil van kothuis tot kothuis). Telivisie met beperkte kanale. Geen restaurant.

Doen Nou Navraag

Naam
*
Vonkpos
*
Kontak Telefoonnommer
*
Arriveer
*
Vertrek
*
Volwassenes
*
Kinders
2-11 yrs
Akkommodasie
*
ENIGE KOMMENTAAR
Skakel ons gerus
Binne SA:
+27 21 465 7255
Kantoorure:
Maandae - Vrydae: 9:00vm - 5:00nm (GMT+2)
Doen Nou Navraag
Bespreek in Afrikaans of Nederlands
Vinnige terugvoering
Ervare liefhebber van die Krugerwildtuin tot u diens
Geen deposito nodig om bespreking te behou
Algemene Navrae
Vonkpos:
navrae@OomPaulSePark.co.za
Ons is daartoe verbind om u privaatheid te beskerm.
Bly in kontak
Besprekings
Kontak
© OomPaulSePark.co.za 2011