Tuis » Hoof Kampe

HOOFKAMPE

Skukuza Ruskamp
Skukuza is die hoof- en grootste kamp vanwaar die wildtuin bestuur en geadministreer word. Skukuza is ‘n besige kamp en word hoofsaaklik deur oorsese toeriste besoek. Die kamp is langs die Sabierivier geleë en is wel ‘n besoek werd.
Akkommodasie: Tente, Kampering, Rondawels - met stort en toilet, Rondawels - met toegeruste kombuis, Semi Luukse Rondawels, Gastehuise, Kothuise
Vir meer inligting kliek hier

Letaba Ruskamp
Die kamp is reg langs die Letabarivier geleë en lê op die grens tussen die noorde en die suide van die wildtuin, ongeveer 52 km vanaf die Phalaborwahek.

Akkommodasie: Tente, Hutte, Kampering, Rondawels - met stort en toilet, Rondawels - met toegeruste kombuis, Rondawels - grensdraad, Kothuise, Fish Eagle Gastehuis
Vir meer inligting kliek hier

Punda Maria Ruskamp
Punda Maria is in die mees noordelike gedeelte van die wildtuin geleë. Die ruskamp is ongeveer 8 km vanaf Punda Mariahek in die sandveld gedeelte wat beskryf word as die botaniese tuin van die Wildtuin.
Akkommodasie: Tente, Kampering, Rondawels - met stort en toilet, Rondawels - met toegeruste kombuis, Kothuise
Vir meer inligting kliek hier

Shingwedzi Ruskamp
Augustus en September is twee van die beste maande om hierdie kamp te besoek. Dis wanneer die Impalalelies in volle blom staan en die terrein letterlik in 'n pienk kombers ontvou.
Akkommodasie: Kampering, Hutte, Rondawels - met stort en toilet, Rondawels - met toegeruste kombuis, Kothuise, Rentmeester Gastehuis
Vir meer inligting kliek hier

Mopani Ruskamp
Hierdie kamp is vernoem na die Mopaniveld en is geleë langs die Pioneerdam. Een van die grootste en moontlik die mees gefotografeerde kremetartboom staan hier met sy wortels diep in die grond van Afrika.
Akkommodasie: Rondawels, Kothuise, Xanatseni Gastehuis
Vir meer inligting kliek hier

Olifants Ruskamp
Die kamp is uiters gewild onder gereelde wildtuingangers en is geleë op ‘n koppie met ‘n asemrowende uitsig oor die Olifantsrivier. Die kamp staan ook bekend as die “venster van Afrika” want hier kry jy ‘n panoramiese uitsig oor die vlaktes van Afrika! Natuurlik is dit olifantwêreld.
Akkommodasie: Rondawels - met stort en toilet, Rondawels - met toegeruste kombuis, Rondawels - met rivieruitsig, Rondawels - grenslyn, Gastehuise
Vir meer inligting kliek hier

Satara Ruskamp
Satara is sentraal geleë, leeuwêreld en beslis een van die redes waarom hierdie kamp so gewild is. Meeste besoekers spandeer 'n paar dae hier omdat dit maklik is om noord en suid te beweeg.
Akkommodasie: Kampering, Rondawels - met stort en toilet, Rondawels - met toegeruste kombuis, Rondawels - grensdraad, Kothuise, Gastehuise
Vir meer inligting kliek hier

Onder Sabie Ruskamp
Onder-Sabie kamp en omgewing is sekerlik een van die beste wildareas en gewildste kamp in die Park. Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom! Die kamp lê op die oewers van die Sabierivier wat een van die min standhoudende riviere in die park is.
Akkommodasie: Kampering, Rondawels - met stort en toilet, Rondawels - met toegeruste kombuis, Rondawels - grenslyn, Hutte, Tente, Familie Kothuise, Gastehuise
Vir meer inligting kliek hier

Berg en Dal Ruskamp
Die kamp is soos sy naam aandui, geleë in ‘n vallei van berge en dale. Die boustyl van die wooneenhede is modern en daar is wegbeweeg van die tradisionele rondawels. Hierdie anderse aanslag gee ‘n gevoel van privaatheid en die chalets is toegerus met eet- en kookgeriewe.
Akkommodasie: Kampering, Rondawels - met kombuisgeriewe, Rondawels - grenslyn, Familie kothuise, Gastehuise
Vir meer inligting kliek hier

Pretoriuskop Ruskamp
Die oudste kamp in die Krugerwildtuin en word deur talle besoekers as die vriendelikste en skoonste kamp beskryf. Die rondawels is in sirkels gebou wat ‘n intieme atmosfeer skep met bekostigbare akkommodasie wat almal se sak sal pas.
Akkommodasie: Kampering, Hutte, Rondawels - met stort en toilet, Rondawels - met kombuisgeriewe, Familie Kothuise, Gastehuise
Vir meer inligting kliek hier

Krokodilbrug Ruskamp
Die kamp is naby die Krokodilbrug-ingangshek, besoekers van Mosambiek maak veral gebruik van hierdie ingang. Die kamp is klein en die akkommodasie kyk uit oor die pragtige Krokodilrivier.
Akkommodasie: Kampering, Tente, Rondawels
Vir meer inligting kliek hier

Orpen Ruskamp
Die kamp is vernoem na Eileen Orpen wat 24,528 hektaar grond aan die Wildtuin geskenk het. Die kamp is in ‘n goeie wildarea en is geleë by die Orpenhek - ideaal vir jou eerste nag oppad na die noordelike gedeelte van die Wildtuin om ‘n ruskansie te neem.
Akkommodasie: Rondawels, Kothuise
Vir meer inligting kliek hier
Bly in kontak
Besprekings
Kontak
© OomPaulSePark.co.za 2011