Tuis » Bosveld Kampe

BOSVELDKAMPE

Bosveldkampe is geleë in meer verlate areas van die wildtuin. Hierdie kampe bestaan uit nie meer as 15 eenhede nie. Alle akkommodasie is ten volle toegerus met kombuise. Bosveldkampe het geen restaurante, winkels of brandstofgeriewe nie. Gelukkig kan ‘n mens darem hout koop. Slegs oornagbesoekers word in hierdie kampe toegelaat. Die idee met bosveldkampe is om die ware Jakob te ervaar. Hier kan jy werklik die bos ervaar met sy stiltes, luister na die geluide van die natuur.

Daar is tans 5 bosveldkampe in die Park:
Biyamiti Bosveldkamp
Biyamiti is geleë in die suide van die wildtuin langs die Mbiyamitirivier tussen pragtige wildevy en jakkelsbessie bome wat omring is deur ‘n groot verskeidenheid fauna en flora. Wild is volop in hierdie omgewing en kyk veral uit vir swart - en witrenosters.
Akkommodasie: Kothuise - met kombuis en bad, Kothuise - met kombuis, bad en stort
Vir meer inligting kliek hier

Talamati Bosveldkamp
Talamati is geleë in die sentrale gedeelte van die wildtuin in die Satara omgewing in ‘n plat vallei. Hierdie omgewing maak dit dus makliker om wild te gewaar en veral groot troppe bontkwagga (zebra) en blouwildebeeste is altyd teenwoordig.
Akkommodasie: Kothuise
Vir meer inligting kliek hier

Shimuwini Bosveldkamp
Shimuwini is ‘n Shangaanwoord wat beteken “plek van die kremetartbome” en is naby die Letabarivier geleë, omring deur ‘n hele groep van hierdie reuse bome. Daar word vermoed dat een van die bome tussen 2 000 en 3,000 jaar oud is.
Akkommodasie: Kothuise
Vir meer inligting kliek hier

Sirheni Bosveldkamp
Sirheni is geleë in die verre noorde van die wildtuin langs die Sirheni dam. Die akkommodasie kyk uit oor die dam wat verskeie diere en voëls lok. As jy gelukkig is behoort jy ook die luiperd te sien wat gereeld daar kom water drink.
Akkommodasie: Kothuise
Vir meer inligting kliek hier

Bateleur Bosveldkamp
Soos sy naam aandui is Bateleur vernoem na die kleurvolle, akrobatiese bateleurarend. Hierdie is die kleinste en oudste bosveldkamp en lê plus minus 40km suidwes van Shingwedzi. Die Silvervis- en Rooibosranddamme is naby die kamp geleë maar slegs besoekers wat oornag in Bateleur, het toegang tot die twee damme.
Akkommodasie: Kothuise
Vir meer inligting kliek hier
Bly in kontak
Besprekings
Kontak
© OomPaulSePark.co.za 2011