Tuis » Satelliet Kampe

SATELLIET KAMPE

Daar is 5 satelietkampe in die wildtuin wat geadministreer en onderhou word deur die naaste groot kamp en het geen ontvangsareas nie. Daar is ook geen restaurante, winkels of brandstof nie.
Tsendze Satellietkamp
Hierdie kampie lê plus minus 7 km suid van Mopaniruskamp en is 'n treffer onder kampeerders. Die kampeerarea wat uit 34 staanplekke bestaan, lê in die skaduwee van stokoue lood-, mopani- en appelblaarbome - 'n wonderlike lafenis teen die hitte.
Akkommodasie: Kampering
Vir meer inligting kliek hier

Balule Satellietkamp
Balule, wat 'n Tsonga woord vir Olifantsrivier is, lê ongeveer 6 km suid van Olifantskamp. Dit is min of meer in die middel van die Wildtuin en 'n katspoegie van die magtige Olifantsrivier.
Akkommodasie: Kampering, Hutte
Vir meer inligting kliek hier

Maroela Satellietkamp
Slegs twee kilometer oos van Orpen kamp is Maroelakamp geleë. Een van 2 kampe wat slegs vir kampeerders uitgele is. Daar is 24 staanplekke met algemene kombuis- en ablusiegeriewe.
Akkommodasie: Kampering
Vir meer inligting kliek hier

Tamboti Tent Satellietkamp
Hierdie tentkamp is vernoem na die pragtige tambotiebome in die omgewing en is geleë ongeveer 3km oos van Orpenkamp. Die tente is so uigelê dat elke eenheid totaal privaat is met sy eie ingang.
Akkommodasie: Tente - gemeenskaplike ablusies en kombuis, Tente - stort, toilet en eie kombuis geriewe
Vir meer inligting kliek hier

Malelane Satellietkamp
Die kamp is uniek in die opsig dat dit op die grens van die suidelike deel van die Park geleë is. Die groen suikkerrietlanderye van buurplase in die omgewing en die natuurlike bosveld van die park, word geskei deur die Krokodilrivier.
Akkommodasie: Kampering, Rondawels
Vir meer inligting kliek hier
Bly in kontak
Besprekings
Kontak
© OomPaulSePark.co.za 2011