Tuis » Het jy geweet

Het jy geweet?

Kleiner roofvoëls: Dinamiet kom in klein pakkies
In die vorige uitgawe van “Het jy geweet?” het ons valke, valkeniers en die besondere jagvernuf van die edelvalk en swerfvalk bespreek.
Lees meer

Oom Paul se vars vrugte- en groentewinkel
Die afgelope eeu word al meer klem gelê op gesonde eetgewoontes, en woorde soos lae GI, hoëvesel en laevet, is deel van ons alledaagse taalgebruik.
Lees meer

Die koedoe – ‘n manjifieke aristokraat
In vorige uitgawes van Het jy Geweet het ons al verskillende bokspesies bespreek – van die elegante bastergemsbok tot die swaargewig eland en die komieklike wildebeest, die kameelperd met sy lange nek en bene, die kleine duiker en die delikate rooibok. Maar nie een van hulle kom naby die aristokratiese grasie van die koedoe nie. Kyk maar hoe hy loop of hardloop, en jy sal saamstem dat die spesie uitstaan bo die ander – dis mos nou elegansie...
Lees meer

Waterbok – ou kringgat!
Dis maklik om ‘n waterbok in Oom Paul se Park uit te ken aan sy robuuste voorkoms, en al het net die bulle horings, het die bulle en koeie die kenmerkende ring om die stert – vandaar die volksnaam “kringgat”.
Lees meer

Meer feite oor giftige slange
In die vorige uitgawe van Het jy Geweet het ons die ope vraag gevra: Is slange goed of sleg? Ons het uitspraak weerhou omdat jy self moet besluit.
Lees meer

Is slange goed of sleg?
Daar word dikwels gesê die enigste goeie slang is ‘n dooie slang. Baie mense glo dit nog, en daar is diegene wat uit hul pad sal gaan om met hul motorwiele ‘n slang wat oor die pad seil te tref. Rolprente, televisie en die media dra by tot die wanpersepsie van slange – en die mite dat slangbyte soos in die moevies behandel moet word...
Lees meer

Haaie in die Wildtuin? Onmoontlik!
Soogdierspesies in Oom Paul se Park is oor die jare heen deeglik nagevors en aangeteken en is uiteraard bekend aan besoekers. Net so is voëls, bome en plante, reptiele, insekte en amfibië goed beskryf in talle gidsboeke en ander publikasies.
Lees meer

Die Laeveld se watervoëls
Soos ‘n mens te wagte kan wees, is die dae van vrae soos “waars die leeus?” en “hoekom het ons nie olifante gesien nie?” aan die verbygaan. Namate besoekers aan Oom Paul se Park beter ingelig raak, raak voëlkyk vir hulle al belangriker. Vir baie van hulle is dit net so opwindend om ‘n voëlspesie in lewende lywe te sien en op hul lys af te merk as om ‘n luiperd in ‘n boom of ‘n klomp wildehonde by ‘n vangs te sien.
Lees meer

Is alle inheemse bome nuttig?
Suid-Afrika spog met altesaam 1700 verskillende boomspesies wat inheems of endemies is aan die sub-kontinent.
Lees meer

Oom Paul se Wildernisstaptoere (Deel 3)
Die belangrikste visie van en doelwit met die wildernisstaptoere is om die breër publiek bewus te maak van die intrinsieke spirituele en vernuwingswaarde van ‘n ware wilderniservaring. Wanneer ‘n mens deur ‘n wildernisgebied ry is dit ‘n visuele ervaring, maar wanneer jy deur ‘n wildernisgebied stap, bied dit ‘n diep bevredigende sensoriese ervaring.
Lees meer

Oom Paul se Wildernis-staptoere (Deel 2)
Toe Jan van Riebeeck in 1652 in die Kaap van Goeie Hoop voet aan wal gesit het was die suidpunt van Afrika nog ‘n ongerepte wildernis – ongeskonde, en in natuurlike harmonie.
Lees meer

Oom Paul se Wildernis-staptoere (Deel 1)
Afrika se wildernisgebiede word al minder - daar bestaan net nie meer groot oop ruimtes waar groot troppe wilde diere vryelik voorkom nie. Terwyl die mensdom se getalle onbeheers ontplof, krimp die getalle van ander lewende spesies teen ‘n smartvolle tempo.
Lees meer

Onder-Sabie – Juweel van die Suide
Vandag kuier ons by Onder-Sabie, ‘n immergewilde bestemming waarheen binnelandse- en buitelandse besoekers stroom.
Lees meer

Berg-en-Dal ruskamp
In die reeks oor Oom Paul se ruskampe en piekniekplekke het ons tot dusver besoek afgelê by die meer tradisionele ruskampe wat dateer uit die tydperk tussen 1930 en 1950.
Lees meer

Satara , oftewel die “Katkamp”
Ons besoek aan die ruskampe en piekniekplekke in Oom Paul se Park bring ons by Satara, wat in die hart van die Sentrale Distrik geleë is.
Lees meer

Punda Maria – ‘Aspoestertjie’ van die Noorde
Besoekers wat vrede en rus in die rustieke, gerieflike verblyf in die Wildtuin verlang keer telkemale terug na Punda Maria, of sommer Punda. Eweneens keer voëlkykers terug na die ongeëwenaarde voëlparadys.
Lees meer

Oom Paul se Piekniekplekke
Die piekniekplekke in Oom Paul se Park is nog al die jare welkome klein oassisse in die uitgestrekte landskap. Hier kan ouers en kinders dankbaar uit die voertuig klim om bene te rek, ‘n draai te loop, ontbyt of middagete te geniet, of sommer net ‘n bietjie rus na ure van wildkyk.
Lees meer

Shingwedzi Ruskamp
Die ware Afrika begin eers in die noordelike distrik van Oom Paul se Park noord van die Letabarivier, sal ‘n gesoute Wildtuinbesoeker jou vertel.
Lees meer

Oom Paul se ruskampe: Letaba
Dink aan ‘n groen oase met reuse skadubome op die oewer van ‘n standhoudende rivier in die middel van ‘n uitgestrekte mopanieveld – en voor jou lê die Letaba-ruskamp.
Lees meer

Oom Paul se ruskampe: Pretoriuskop
Ons het in ‘n vorige Het jy Geweet? die verhaal van die legendariese Harry Wolhuter, eerste veldwagter van Oom Paul se Park, en sy noue ontkoming met ‘n leeumannetjie in 1903 vertel. Wolhuter het die grootste deel van sy 44 jaar as veldwagter in die Wildtuin in Pretoriuskop gewoon, waar die eerste ruskamp in die Wildtuin vir toeriste oopgestel is.
Lees meer

Harry Wolhuter en die leeu
Stories oor veldwagters se ervarings met wilde diere sal nie volledig wees sonder die verhaal van Harry Wolhuter en die leeu nie. Wolhuter was die eerste veldwagter in Oom Paul se Park en hy het ternouernood ‘n aanval deur twee leeumannetjies oorleef.
Lees meer

Nasionale Parke: Van oorsprong tot wasdom 3
In die vorige twee uitgawes van Het jy Geweet? het ons gekyk na die oorsprong van die nasionale parke en hoe hulle deur die jare ontwikkel het.
Lees meer

Nasionale Parke: Van Oorsprong tot Wasdom 2
In die vorige uitgawe van Het jy Geweet? het ons die aanloop tot die promulgering van die Nasionale Parke Wet en die proklamasie van Oom Paul se Park in 1962 bespreek.
Lees meer

Nasionale Parke – van oorsprong tot wasdom
Die bewaringskonsep het in Suid-Afrika, net soos elders in die wêreld, aan die einde van die 19de eeu begin posvat en regerings het dit op hul agendas begin plaas.
Lees meer

Dikwels gehoor, selde gesien
Vroeë ontdekkingsreisigers soos Henry Morton Stanley, David Livingstone en ander het sedert die vroegste reise deur Afrika die beelde en geluide van die kontinent waar geen ander witman al tevore gereis het nie, in hul dagboeke opgeteken.
Lees meer

Ondernemers, elegansie, en ‘neutekrakers’
Die ooievaar-familie is goed verteenwoordig in Oom Paul se Park Die marabou en saalbekooievaar is ook deel van hierdie familie, al verskil hul voorkoms hemelbreed.
Lees meer

Groototter
Dit sal dalk ‘n verrassing vir talle lesers wees om te hoor dat die Kaapse Groototter (Engels: Cape Clawless otter) ook in Oom Paul se Park voorkom.
Lees meer

Buffel – Jagters se moses
Hulle is kuddediere en kom voor in troppe van tot meer as ‘n duisend. Ouer bulle loop gewoonlik alleen of in klein troppies.
Lees meer

‘n Stap nader aan die natuur
“Olifante – ek het ‘n maag hoor rammel...” sê die veldwagter. “Yebo”, bevestig die veldwagter se kollega. “Hulle kom water toe...” glimlag hy breed.
Lees meer

Tierboskat
Die tierboskat se bou herinner aan die van ’n kleinerige jagluiperd, maar die stert is korter, en die patroon van swart strepe en kolle op die goue vag, die slanke bene en nek, maak van hom ‘n besondere mooi kat.
Lees meer

Suider-Afrikaanse luislang
Die luislang vang sy prooi deur dit eers met die tande vas te byt en dan die sterk, lang lyf om die prooi te draai en dit dood te wurg, voordat die tydsame proses begin om die prooi in te sluk.
Lees meer

Likkewane
Likkewane verskil van ander akkedisse in die opsig dat hulle ‘n redelike vinnige metabolisme het, en hulle is toegerus met verskeie sensoriese hulpmiddels wat hulle help om lewendige prooi te vang.
Lees meer

Oom Paul se reptiele
Slange word van altyd af vereenselwig met volksverhale, die okkulte en al wat ’n nare ding is. Hulle word voorgestel as slymerig en glibberig en as afstootlike goed wat voor die voet vernietig moet word.
Lees meer

Eland –swaargewig hoefdier van Afrika
Die statige eland is die grootste en waarskynlik sagmoedigste van al die wildsbokke van Afrika en kom wydverspreid op die vasteland voor.
Lees meer

Slangarende en woue
Drie wou-spesies kom in die Wildtuin voor, naamlik die geelbekwou, die swartwou en die baie kleiner blouvalk.
Lees meer

Impala-lelie
Die van julle wat gereeld in Oom Paul se Park gaan kuier weet waarskynlik hoe die impala-lelie lyk, want die plant met sy kleurvolle wit en pienk, rooi en dieprooi blomme is oral in die ruskampe aangeplant.
Lees meer

Kremetart – die onderstebo-boom
Afrika word vereenselwig met verskillende diere en voëls – die kameelperd met sy skommeldraffie, die majestueuse visarend, die magtige olifant, die talle ander bokspesies...
Lees meer

Oom Paul se aasvoëls
Altesaam ses aasvoëlspesies kom in Oom Paul se Park voor – vier van hulle bly permanent daar, een broei elders, en nog een word beskou as ‘n swerwer wat nie daar broei nie.
Lees meer

Sweef soos ’n arend...
In ’n vorige uitgawe van Het jy geweet? het ons gekyk na Oom Paul se twee grootste en indrukwekkendste arende. In hierdie uitgawe leer ons meer van ander arende, soos die ikoniese visarend en die akrobatiese en enigmatiese berghaan.
Lees meer

Oom Paul se jakkalse
Die Famillie Canidae, of hondagtige karnivore, word in suidelike Afrika verteenwoordig deur vyf spesies, naamlik die wildehond, die bakoorjakkals, die silwerjakkals, die rooijakkals en die witkwasjakkals. Interessant genoeg het die jakkalse almal vyf tone aan die voorpoot en vier aan die agterpoot, terwyl die wildehond vier tone voor en agter het.
Lees meer

Die wildehond
Die wildehond is een van die skaarste vleisvreters in suider Afrika. Hulle is totaal tot niet gemaak in die meeste gebiede waar hulle voorheen voorgekom het, en kom tans byna uitsluitlik aangetref in bewaringsgebiede, wildtuine en rehabilitasiesentrums. Hul jagmetode en sogenaamde voor die voet jag van vee het daartoe gelei dat boere hulle meedoënloos van kant gemaak het as ongediertes.
Lees meer

Oom Paul se roofvoëls
Hierdie artikel is spesiaal geskryf vir een van Het jy Geweet? se gereelde lesers wat meer inligting verlang oor roofvoëls – geniet dit! Ons nooi lesers wat meer oor ‘n onderwerp wil weet om ons te laat weet – ons gee graag gehoor.
Lees meer

Blouwildebees – gestreepte grapjas van Afrika
Met die eerste oogopslag lyk die blouwildebees met sy eienaardige voorkoms asof hy glad nie tussen die ander vaartbelynde diere van Oom Paul se Park hoort nie.
Lees meer

Insekvreters by uitstek
Moeder natuur spog met ‘n magdom skepsels wat lyk en maak soos ‘n mens verwag hulle moet. Maar dan is daar ook die diere wat alte vreemd voorkom en boonop eienaardige gewoontes het.
Lees meer

Die rol van vuur in die ekologie van Oom Paul se Park
Een van die dae is dit weer herfs in Oom Paul se Park. Net soos elders waar dit in die somer reën, raak dit al droër namate die seisoen aanstap winter toe. Dit is die beloop van die natuur se nimmereindigende siklus van vernuwing.
Lees meer

Oom Paul se neushoringvoëls
Altesaam 55 verskillende neushoringvoël spesies kom wêreldwyd voor - nege van hulle in Suid-Afrika en ‘n hele ses in Oom Paul se Park.
Lees meer

Die rooikat – Moenie hom onderskat nie!
As ‘n mens dink aan roofdiere in Oom Paul se Park, gaan jou gedagtes onwillekeurig na die groteres wat meer opsigtelik is – die leeus, luiperds en jagluiperds.
Lees meer

Burchell se sebra – Die Wildtuin se ‘donkie in streep-pajamas...’
Die sebra met sy prominente wit en swart strepe is net so eie aan van die Afrika-landskap soos die visarend en kameelperd – dink maar aan die massa-migrasie van wildebeeste en sebras in Oos-Afrika ...
Lees meer

Luiperd – sterk en geheimsinnig
Die luiperd is waarskynlik die mees aanpasbare groot roofdier van almal – nie net in Afrika nie, maar ook in die Midde-Ooste, Arabië, Indië, Maleisië, China en Rusland.
Lees meer

So taai soos ‘n ratel
Watter dier is die gevaarlikste op die Afrika-kontinent? Is dit die swartrenoster, die luiperd, of dalk die buffel? Onmoontlik om saam te stem, want mense het mos maar hul eie idees wat voortspruit uit hul individuele opvattings.
Lees meer

Hiënas – roofdier of ‘n aasdier?
Die gevlekte hiëna kom wydverspreid op die vasteland van Afrika voor en oral word hy vereenselwig met toordery en moetie. Sy vreemde voorkoms en eienaardige manier van loop en hardloop, dra verder by tot die verkeerde opvattings oor die dier.
Lees meer

Kameelperd (Giraffa camelopardalis) - die een wat vinnig loop
Min ander diere is so kenmerkend van ongerepte Afrika soos die kameelperd. Menigte boek, rolprent en televisieprogram versinnebeeld Afrika met ‘n kameelperd teen ‘n sonsondergang, of vreedsaam aan die wei aan die sappige blaartjies aan die top van ‘n platkroon doringboom.
Lees meer

Nylkrokodil
Sowat 22 krokodilspesies kom wêreldwyd in die tropiese en subtropiese gebiede van onder meer Afrika, Asië, die tropiese gebiede van Amerika en die noordelike dele van Australië voor.
Lees meer

Die seekoei – sou 'n waardige lid van die Groot Vyf kon gewees het
Seekoeie wat op sandbanke en in watergate in die groter riviere in Oom Paul se Park luier is ‘n bekende gesig vir gereelde besoekers.
Lees meer

Bastergemsbok en Swartwitpens – elegansie sonder weerga
Die Bastergemsbok en Swartwitpens is twee van ons groter en eleganter bokspesies wat maar selde, indien ooit, raakgesien word deur besoekers aan Oom Paul se Park.
Lees meer

Bedreigde spesies (3)
In die vorige uitgawe van “Het Jy Geweet” het ons soogdierspesies wat bedreig word bespreek en sonder uitsondering gevind dat die mens die diere se toekoms en selfs voortbestaan bedreig.
Lees meer

Suid-Afrikaanse soogdiere word bedreig
In die vorige uitgawe van “Het jy Geweet” het ons gekyk na soogdierspesies wat tans in ‘n mindere of meerdere mate bedreig word deur uitwissing. Die welstand en of voortbestaan van soogdiere word bykans sonder uitsondering bedreig deur die mens se aktiwiteite.
Lees meer

Bedreide soogdiere van Afrika
Dit is ‘n onomwonde feit dat die mens se ingrype, of gebrek daaraan, in natuurlike prosesse ‘n invloed op die oorlewing van verskeie spesies het.
Lees meer

Ons nasionale trots – ons nasionale simbole
Suid-Afrikaners is met reg trots op ons land en wat dit vir ons beteken. Ons sportmanne en –vroue streef daarna om ons nasionale kleure te verwerf, en om ons by internasionale geleenthede te verteenwoordig.
Lees meer

Is soogdiere wat eenders lyk noodwendig familie?
In die vorige Het jy geweet het ons gekyk na Taksonomie en hoe alle lewende wesens geklassifiseer en benoem word sodat enigiemand dit korrek kan identifiseer met behulp van die genus- en spesienaam.
Lees meer

Taksonomies gesproke ...
Wanneer ‘n mens die miljoene lewensvorme op aarde in ag neem, moet ‘n mens saamstem dat dit ‘n reusetaak is om almal name te gee wat hulle van mekaar sal onderskei. Leeu in Afrikaans is byvoorbeeld lion in Engels, bubesi of ngonyama in Zoeloe, tau Sotho, shumba in Shona en simba in Swahili – en so het elke taal sy eie benaming.
Lees meer

Duiker – is dit nou ‘n voël of ‘n soogdier?
Suid-Afrika met sy 11 amptelike tale is geseën met ‘n verstommende verskeidenheid name wat lekker lê in die volksmond in ‘n spesifieke streek, maar wat tot totale verwarring kan lei vir mense van ‘n ander gebied.
Lees meer

Wat weet ons werklik van olifante ?
Die Afrika-olifant is baie intelligent en ten spyte van die brein wat klein is in verhouding tot die grote liggaam, word die reusedier saam met die mens, sekere aapspesies en dolfyne onder die slimste soogdiere gereken.
Lees meer

Trekvoëls – Hoekom, en hoe?
Voëlboeke meen meer as 130 van die meer as 900 Suider-Afrikaanse voëlspesies is endemies aan ons gebied. Dit beteken hulle kom deurentyd in dieselfde gebied voor, of hulle broei of nie.
Lees meer

Primate- wie is wie (2)
In die vorige uitgawe van “Het jy Geweet?” het ons gepraat oor die gewoontes van die drie nagaap-spesies wat op die subkontinent voorkom. In hierdie uitgawe kyk ons na die gewoontes en gedrag van die twee aapspesies en bobbejane wat hier voorkom.
Lees meer

Primate - Wie is Wie ? (1)
Bobbejane en ape in bewaringsgebiede en elders is ‘n eindelose bron van vermaak vir mense wat hulle graag dophou. Hul manewales en die manier waarop hulle met mekaar omgaan, hul kleintjies versorg en meeding om kos en ruimte, herinner mens nogal aan die manier wat mense met mekaar in interaksie is, al is dit natuurlik op ‘n heel ander vlak.
Lees meer

Meerkat, muishond, of wat? 2
In die vorige uitgawe van “Het jy Geweet” het ons gekyk na die verskille en ooreenkomste tussen kleiner karnivore soos muishonde en meerkatte, en dat die ooreenkomste tussen die twee nogal heelwat verwarring kan veroorsaak.
Lees meer

Was dit nou 'n Meerkat, 'n muishond of wat?
Motoriste sien dikwels ‘n lenige diertjie met ‘n lang stert oor ‘n pad hardloop en in die bossies aan die ander kant verdwyn. Wat sou dit wees? ‘n Meerkat, ‘n muishond, of dalk ‘n stinkmuishond?
Lees meer

Spore deur die Laeveld (3)
Die proklamasie van die Gouvernements Wildtuin tussen die Sabie- en Krokodilrivier in 1888 deur Paul Kruger se Volksraad was die eerste daadwerklike stap in Suid-Afrika om kwynende wildgetalle en natuurlike hulpbronne te beskerm.
Lees meer

Spore deur die Laeveld (2)
In die vorige uitgawe van “Het jy geweet” het ons gekyk na die invloed wat die eerste mense in die Laeveld en die vroegste ontdekkersreisigers in die 1700’s op die gebied gehad het. Tot in die vroeë 19de eeu het die mens, waarskynlik weens siektes wat hom en sy vee aangetas het, min inbreuk gemaak. Maar ons het ook gesê die ergste het nog voorgelê...
Lees meer

Spore deur die Laeveld
As die Laeveld kon praat sou dit darem lekker stories kon vertel. Van die vroegste tye af was die beboste vlaktes en heuwels, die stomende valleie en die modderige riviere van die Wildtuin stom getuies van die mens se woelinge op die stuk aarde en die landskap sou veel meer kon vertel as wat ooit in geskiedenisboeke opgeskryf sal staan.
Lees meer

Wat word van ons renosters (Deel 2)
In die vorige uitgawe van Het jy geweet het ons gekyk na waar vyf unieke renosterspesies in die wêreld voorkom, hoe min daar van hulle oor is en hoe desperaat ons eie twee renosterspesies hulp nodig het om hulle van uitwissing te red.
Lees meer

Wat moet word van ons renosters?
Die toename in renosterstropery voel soos ‘n skelm vuishou in die maag vir diegene wat lief is vir ons mooi natuur en die wonderlike diere wat daarin woon. Laasjaar is 448 renosters vir hul horings doodgemaak, en op 19 Janaurie vanjaar het daar reeds 11 van die reusediere geswig voor die aanslag.
Lees meer

Dassies
Baie mense glo dat soogdiere soos hase, konyne en dassies met hul sagte pels almal knaagdiere is. Dis nie waar nie. Die verskillende dassiespesies, soos die klipdassie, geelkoldassie en twee soorte boomdassie is beslis nie knaagdiere nie.
Lees meer

Eet alle karnivore vleis?
Die eerste bioloë wat diere name gegee en geklassifiseer het in die wetenskap wat ons taksonomie noem, het oorspronklik meer as 30 soogdierspesies in die Orde: Karnivore, of vleisvreters, geklassifiseer omdat hulle van mening was dat alle karnivore vleis vreet.
Lees meer

Vlakvarke, harlekyne van die veld
Vlakvarke wat op hul knieë op die grasperke in die kampe in die Wildtuin vroetel verskaf ure se vermaak aan besoekers. Hulle word veral in die droeë seisoen gelok deur die lowergroen grasperke en ander plante en water wat dan in die veld ontbreek. Die lotgevalle van Pumba, die vriendelike vlakvark in die animasierolprent, The Lion King, het vlakvarke oornag wêreldberoemd gemaak.
Lees meer

Jagluiperds
Jagluiperds, superatlete van die natuur. "Goue stroop wat uit 'n blik loop" is 'n perfekte beskrywing van 'n Jagluiperd wat sy prooi inhardloop. Die elegante, vaartbelynde katte is van die vroegste tye af deur die Farao's van Egipte makgemaak en tydens koninklike jagtogte gebruik om ander wild mee te jag.
Lees meer

Visvangers
Nie alle visvangers vang vis nie... In Suider-Afrika is ons geseën met ‘n verstommende verskeidenheid voëlspesies waarvan talle in juweelkleure getooi is. Ons 10 visvangerspesies kom voor in verskillende groottes en in die mooiste kleure denkbaar.
Lees meer

Rooibokke
Reëns laat in die lente en vroeg in die somer laat die Wildtuin ná die winter ontwaak. Die bome bot, die gras groei geil en panne water lok die wilde voëls wat terugkeer vir hul lang somervakansie in Suid-Afrika. In Mei, na die reënseisoen, begin die paartyd en hou drie weke lank aan. Ses, sewe maande later word die lammers gebore.
Lees meer
Bly in kontak
Besprekings
Kontak
© OomPaulSePark.co.za 2011