Tuis » Hoof Kampe » Olifants Ruskamp

Olifants Ruskamp

Die kamp is uiters gewild onder gereelde wildtuingangers en is geleë op ‘n koppie met ‘n asemrowende uitsig oor die Olifantsrivier. Die kamp staan ook bekend as die “venster van Afrika” want hier kry jy ‘n panoramiese uitsig oor die vlaktes van Afrika! Natuurlik is dit olifantwêreld. Maak ‘n draai by die uitkykpunt so 3km vanaf die kamp, veral laatmiddag met sononder. Die geluide van seekoeie en die visarend kan amper gewaarborg word. Olifantskamp is 83 km vanaf Phalaborwahek.

Vir die adrenalien-verslaafdes is daar twee heerlike opsies om hulle aan die gang te hou. As jy ‘n kranige fietsryer is, probeer gerus die bergfietsritte. Vir ongeveer 3 ure ry jy in die veld saam met twee opgeleide veldwagters . Die ondervinging is iets wat geld nie kan koop nie en is die ideale uitstappie om ‘n gesin in die natuur met ‘n hegte band te bind. Hierdie aktiwiteit kan slegs direk by die kamp bespreek word. Kinders onder 16 jaar oud word nie toegelaat nie. Besoekers is ook welkom om hulle eie bergfietse saam te bring.

Die ander alternatief is die rivierstaproete al langs die Olifantsrivier wat vooraf bespreek kan word wanneer jy jou akkommodasie bespreek. Kinders onder 12 word nie toegelaat op die uitstappie nie.

Ander Lekker Dinge

  • Vroegoggend- en laatmiddagritte op oop voertuie (3 ure)
  • Restaurant
  • Brandstof
  • Konferensiefasiliteite
Safari Baboon Eating baboon Petrol baboon Conference Baboon

Kyk Uit Vir

Seekoeie
Seekoei
Hoogte: 150 cm.
Massa: Plus minus 2500 kg.
Lewensduur: 41 jaar.

Akkommodasie Keuses

Rondawels - met stort en toilet
Rondawels - met stort en toilet
Addisionele volwassene:
R200
Addisionele kind:
R100
Maksimum persone:
3 persone
 
R880
2 persone ingesluit
Doen navraag nou »
1 slaapkamer rondawel met 2 of 3 enkelbeddens, stort en toilet. Lugverkoeling en yskas. Geen eetgerei, gebruik gemeenskaplike kombuis.
Rondawels - met toegeruste kombuis
Rondawels - met toegeruste kombuis
Addisionele volwassene:
R200
Addisionele kind:
R100
Maksimum persone:
4 persone
 
Tussen R1150 en R1700
2 persone ingesluit
Doen navraag nou »
Rondawel met 2 slaapkamers met 2 beddens elk. 1 stort en toilet. Geen uitsig. Lugverkoeling, toegeruste kombuis.
Rondawels - met rivieruitsig
Rondawels - met rivieruitsig
Addisionele volwassene:
R200
Addisionele kind:
R100
Maksimum persone:
4 persone
 
Tussen R1190 en R1750
2 persone ingesluit
Doen navraag nou »
Rivieruitsig. Rondawel met 2 enkelbeddens, lugverkoeling, stort en toilet. 2-plaat stoof, opwasbak, yskas en eetgerei.
Rondawels - grenslyn
Rondawels - grenslyn
Addisionele volwassene:
R200
Addisionele kind:
R100
Maksimum persone:
3 persone
 
R1150
2 persone ingesluit
Doen navraag nou »
Rondawel met 2 of 3 enkelbeddens, grens aan buitelyn van die kamp. Lugverkoeling met stort en toilet. 2-Plaat stoof, opwasbak, yskas en eetgerei.
Gastehuise
Gastehuise
Addisionele volwassene:
R580
Addisionele kind:
R290
Maksimum persone:
8 persone
 
R3390
4 persone ingesluit
Doen navraag nou »
4 slaapkamers met 4 badkamers met stort, bad en toilet. Lugverkoeling. DSTV met beperkte kanale. Toegeruste kombuis.

Doen Nou Navraag

Naam
*
Vonkpos
*
Kontak Telefoonnommer
*
Arriveer
*
Vertrek
*
Volwassenes
*
Kinders
2-11 yrs
Akkommodasie
*
ENIGE KOMMENTAAR
Skakel ons gerus
Binne SA:
+27 21 465 7255
Kantoorure:
Maandae - Vrydae: 9:00vm - 5:00nm (GMT+2)
Doen Nou Navraag
Bespreek in Afrikaans of Nederlands
Vinnige terugvoering
Ervare liefhebber van die Krugerwildtuin tot u diens
Geen deposito nodig om bespreking te behou
Algemene Navrae
Vonkpos:
navrae@OomPaulSePark.co.za
Ons is daartoe verbind om u privaatheid te beskerm.
Bly in kontak
Besprekings
Kontak
© OomPaulSePark.co.za 2011