Tuis » Hoof Kampe » Skukuza Ruskamp

Skukuza Ruskamp

Skukuza is die hoof- en grootste kamp vanwaar die wildtuin bestuur en geadministreer word. Skukuza is ‘n besige kamp en word hoofsaaklik deur oorsese toeriste besoek. Die kamp is langs die Sabierivier geleë en is wel ‘n besoek werd. Die Stevenson- Hamilton biblioteek het ‘n groot versameling geskiedkundige artifakte en daar word ook ander interessante fotos en items uitgestal wat die geskiedenis van die park uitbeeld. Die Selati treinrestaurant is ‘n heerlike ondervinding waar jy lekker kos en ‘n glasie wyn op die perron kan geniet. Maak gerus ‘n draai. Skukuza is 12km vanaf Paul Krugerhek. Die ander alternatiewe hek is Phabeni wat 39km vanaf Skukuza geleë is.

Ander Lekker Dinge

  • Vroegoggend- en laatmiddagritte op oop voertuie (3 ure)
  • Begeleide Staproetes
  • Restaurant
  • Brandstof
  • Swembad
  • Bank en poskantoor
  • Konferensiefasiliteite
  • Gholfbaan
  • Selfoon opvangs
Safari Baboon Hiking Baboon Eating baboon Petrol baboon Pool Baboon Conference Baboon

Kyk Uit Vir

Vlakvarke
Vlakvarke
Hoogte: Ongeveer 75 cm.
Massa: Plus 70 – 100kg.
Lewensduur: 20 jaar.
Draagtyd: 3 maande. 6 kleintjies word tussen November en Desember gebore.

Akkommodasie Keuses

Tente
Tente
Addisionele volwassene:
R130
Addisionele kind:
R65
Maksimum persone:
4 persone
R480
2 persone ingesluit
Doen navraag nou »
Safari tent met 2 of 4 enkelbeddens met beddegoed sonder stort en toilet. Waaier en yskas. Geen eetgerei. Gebruik gemeenskaplike badkamers en kombuise.
Camping
Kampering
Addisionele volwassene:
R68
Addisionele kind:
R34
Maksimum persone:
6 persone
R225
2 persone ingesluit
Doen navraag nou »
Kampeerstaanplek met kragpunt. Maksimum 6 persone.
Rondavels - met stort en toilet
Rondawels - met stort en toilet
Addisionele volwassene:
R200
Addisionele kind:
R100
Maksimum persone:
3 persone
 
R950
2 persone ingesluit
Doen navraag nou »
Slaapkamer rondawel met 2 enkelbeddens, stort en toilet. Lugverkoeling en yskas. Geen eetgerei, gebruik gemeenskaplike kombuis.
Rondavels - met toegeruste kombuis
Rondawels - met toegeruste kombuis
Maksimum persone:
2 persone
 
R950
2 persone ingesluit
Doen navraag nou »
Rondawel met 2 enkelbeddens en 1 slaapbank. Lugverkoeling. Yskas en eetgerei. Stort en toilet. Toegeboude stoep (opsioneel).
Rondawels - met rivieruitsig
Semi Luukse Rondawels
Maksimum persone:
2 persone
 
R1350
2 persone ingesluit
Doen navraag nou »
Semi-luukse rondawel met 1 dubbelbed. Rivieruitsig (opsioneel), gelee oos van die restaurant. Toegeruste kombuis. Lugverkoeling. Stort en toilet. DSTV met beperkte kanale.
Gastehuise
Gastehuise
Addisionele volwassene:
R580
Addisionele kind:
R290
Maksimum persone:
12 persone
 
R3400
4 persone ingesluit
Doen navraag nou »
Maksimum 8 persone. 4 Slaapkamers met 2 enkelbeddens elk. 4 Badkamers met bad, stort en toilet, 1 van die badkamers is toeganklik vir gestremde persone. Lugverkoeling. Toegeruste kombuis. DSTV met beperkte kanale.
Kothuise
Kothuise
Addisionele volwassene:
R340
Addisionele kind:
R170
Maksimum persone:
6 persone
 
R1820
4 persone ingesluit
Doen navraag nou »
Kothuis. Maksimum 6 persone. Toeganklik vir gestremde persone. 2 Slaapkamers met ‘n enkel- en dubbelbed elk. 1 Badkamer met stort en toilet. 1 Badkamer met bad en toilet. Lugverkoeling. Toegeruste kombuis.

Doen Nou Navraag

Naam
*
Vonkpos
*
Kontak Telefoonnommer
*
Arriveer
*
Vertrek
*
Volwassenes
*
Kinders
2-11 yrs
Akkommodasie
*
ENIGE KOMMENTAAR
Skakel ons gerus
Binne SA:
+27 21 465 7255
Kantoorure:
Maandae - Vrydae: 9:00vm - 5:00nm (GMT+2)
Doen Nou Navraag
Bespreek in Afrikaans of Nederlands
Vinnige terugvoering
Ervare liefhebber van die Krugerwildtuin tot u diens
Geen deposito nodig om bespreking te behou
Algemene Navrae
Vonkpos:
navrae@OomPaulSePark.co.za
Ons is daartoe verbind om u privaatheid te beskerm.
Bly in kontak
Besprekings
Kontak
© OomPaulSePark.co.za 2011