Tuis » Satelliet Kampe » Tamboti Tent Satellietkamp

Tamboti Tent Satellietkamp

Hierdie tentkamp is vernoem na die pragtige tambotiebome in die omgewing en is geleë ongeveer 3km oos van Orpenkamp. Die tente is so uigelê dat elke eenheid totaal privaat is met sy eie ingang. Vir diegene met plat beursies is daar ook tente beskikbaar sonder geriewe. Die kamp is ideaal vir oorsese gaste wat vir die eerste keer kampering wil aanpak en mense wat graag kamp, maar nie lus is om self tent op te slaan nie! Vir die voël entoesiaste is daar ook ‘n voëlskuiling in die kamp. Die kamp is ook ideaal vir groepe om saam te kuier om die groot kampvuur. Stappe en wildritte word aangebied vanaf Orpen kamp.

Ander Lekker Dinge

  • Vroegoggend- en laatmiddagritte op oop voertuie (3 ure)
  • Begeleide Staproetes
Safari Baboon Hiking Baboon

Kyk Uit Vir

Bobbejane
Bobbejane
Hoogte: Ongeveer 100 cm.
Massa: Ongeveer 20 kg, ou mannetjies kan tot 40 kg weeg.
Lewensduur: 24 jaar.
Draagtyd: 6/7 maande - n enkele kleintjie word gebore.

Akkommodasie Keuses

Tente - gemeenskaplike ablusies en kombuis
Tente - gemeenskaplike ablusies en kombuis
Addisionele volwassene:
R130
Addisionele kind:
R65
Maksimum persone:
4 persone
R490
2 persone ingesluit
Doen navraag nou »
Safaritent met 2 of 4 enkel beddens. Dakwaaier. Yskas. Geen eetgerei. Gebruik algemene kombuis en ablusie geriewe. Bespreek in by Orpen. Geen restaurant.
Tente - stort, toilet en eie kombuis geriewe
Tente - stort, toilet en eie kombuis geriewe
Addisionele volwassene:
R340
Addisionele kind:
R170
Maksimum persone:
3 persone
 
R1130
2 persone ingesluit
Doen navraag nou »
Maksimum 3 persone. 1 Dubbel bed met enkel slaapbank. Yskas, 2 plaatstoof, opwasbak en eetgerei. Dakwaaier. Stort en toilet. Bespreek in by Orpen. Geen restaurant.

Doen Nou Navraag

Naam
*
Vonkpos
*
Kontak Telefoonnommer
*
Arriveer
*
Vertrek
*
Volwassenes
*
Kinders
2-11 yrs
Akkommodasie
*
ENIGE KOMMENTAAR
Skakel ons gerus
Binne SA:
+27 21 465 7255
Kantoorure:
Maandae - Vrydae: 9:00vm - 5:00nm (GMT+2)
Doen Nou Navraag
Bespreek in Afrikaans of Nederlands
Vinnige terugvoering
Ervare liefhebber van die Krugerwildtuin tot u diens
Geen deposito nodig om bespreking te behou
Algemene Navrae
Vonkpos:
navrae@OomPaulSePark.co.za
Ons is daartoe verbind om u privaatheid te beskerm.
Bly in kontak
Besprekings
Kontak
© OomPaulSePark.co.za 2011