Tuis » Satelliet Kampe » Tsendze Satellietkamp

Tsendze Satellietkamp

Hierdie kampie lê plus minus 7 km suid van Mopaniruskamp en is 'n treffer onder kampeerders. Die kampeerarea wat uit 34 staanplekke bestaan, lê in die skaduwee van stokoue lood-, mopani- en appelblaarbome - 'n wonderlike lafenis teen die hitte. Die algemene kombuise is toegerus met gasstowe maar daar is geen yskaste nie! Die kamp het geen elektrisiteit nie. So bring maar die koelsakke saam om die vleis en voggies koud te hou. Die ablusie-geriewe maak egter op vir die yskasloosheid want waar anders kan jy in die bosveld onder die sterre stort! Onthou tog die flitslig of lampe! Die aktiwiteite en fasiliteite wat aangebied word is beskikbaar deur Mopani Ruskamp.

Ander Lekker Dinge

  • Vroegoggend- en laatmiddagritte op oop voertuie (3 ure)
  • Begeleide Staproetes
Safari Baboon Hiking Baboon

Kyk Uit Vir

Buffels
Buffels
Hoogte: Ongeveer 160 cm.
Massa: 750 kg.
Lewensduur: 20 -25 jaar.
Draagtyd: 11 maande.
Rekordhoringspan: 147 cm.
Spoed oor kort afstand: 55 km per uur.

Akkommodasie Keuses

Kampering
Kampering
Addisionele volwassene:
R68
Addisionele kind:
R34
Maksimum persone:
6 persone
R225
2 persone ingesluit
Doen navraag nou »
Maksimum 6 persone per staanplek. Geen kragpunte. Bespreek in by Mopanikamp tenminste 1 uur voor die hekke sluit. Geen kragopwekkers word hier toegelaat nie. Geen fietse of skaatsplanke word toegelaat nie.

Doen Nou Navraag

Naam
*
Vonkpos
*
Kontak Telefoonnommer
*
Arriveer
*
Vertrek
*
Volwassenes
*
Kinders
2-11 yrs
Akkommodasie
*
ENIGE KOMMENTAAR
Skakel ons gerus
Binne SA:
+27 21 465 7255
Kantoorure:
Maandae - Vrydae: 9:00vm - 5:00nm (GMT+2)
Doen Nou Navraag
Bespreek in Afrikaans of Nederlands
Vinnige terugvoering
Ervare liefhebber van die Krugerwildtuin tot u diens
Geen deposito nodig om bespreking te behou
Algemene Navrae
Vonkpos:
navrae@OomPaulSePark.co.za
Ons is daartoe verbind om u privaatheid te beskerm.
Bly in kontak
Besprekings
Kontak
© OomPaulSePark.co.za 2011